ons Program

Ruimte vir Asem

Ruimte vir Asem

Trek jou longe lekker VOL vars lug en hou jou asem op so lank jy kan, nog bietjie langer, netnog ’n bietjie –jy begin benoud voel, jou hatklop versnel al hoe meer, jy voel hoe die are in jou gesig swelen jy word skoon duiselig–dit sal ons permanente ervaring wees indien ons ophou om Bome en plante plant.Kosbare suurstof –sonder dit en water kan ons nie bestaan nie! Ons ullistreer op ’n pret en informele wyse hoe telke spesies afhanklik is van suurstof, of hulle op land, in die seeen ook onder die grond woon!!Die leerders is gewoonlik aangenaam verras om te verstaan hoeveel spesies behalwe mense suurstof nodig het bv op my vraag “dink julle visse het suurstof nodig, is dit gewoonlik ’n gesamentlikekoor van “NEEEEEEE”” wat ek hoor…Ons vind uit hoe die verskillende spesies asemhaal, byvoorbeeld met longe, kuie, boeklonge en leer groot woorde soos “Stomatoes” en “Spiracles”.Ons kuier vir ’n paar oomblikke by die Erdwurm en die onelooglike waarde wat hierdie klein wurmpie vir ons toevoeg om suurstof aan die grondte voorsien waar ons groente en vrugte groei. Hulle is inderdaad die heel beste bemesters en is bereid om selfs ons koerante, eierdop houers en teesakkies te eet sodat ons plante welig kan groei.

EN hulle help sodanig met herwinning!! Die leerders ontmoet erdwurms, verstaan hoe al het hulle nie neusies, met hulle hele liggaampies asemhaal, erg stres wanneer nie ondergronds is nie en sonder enige vanvare hulle werk onverpoos doen.Nou waar op aarde kom suurstof vandaan???Nou as diere asemhaal, wat van plante?? Die leerders verstaan hoe belangrik photosintese is en hoe wonderlik plant, mens en dier saamwerk om mekaar te laat bestaan!Ons ondersoek wie die vyande is van ons suurstof beskikbaarheid en die mees belangrikste, hoe bewaar ons bome en plante asook hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat ons almal in die toekoms genoegsame suurstof sal hê!

Verryk jou kind se verbeelding

Close Menu