ons program
Dinosourusse
Ons weet hulle is beslis nie net speelgoed waarmee klein seuntjies “oorlog” speel en waaroor flieks gemaak word waar Dinosourusse oorlog maak teen Mense en natuurlik wen die Mense die stryd!! Of doen ons?
Tydens ons dinamiese en spontane Dinosourus Aanbieding, ondersoek ons ‘n verskeidenheid van uiters insiggewende feite op ‘n ouderdoms verwante vlak rakende Dinosourusse en hou ‘n interaktiewe bespreking oor die volgende en vele ander onderwerpe:
- Wat is ‘n Dinosourus?
- Het Dinosourusse bestaan?
- Van die grootste Dinosourusse was ontdek hier in Suid Afrika en die heel grootste het 11 Ton geweeg het en was 27 Meter groot!! [BAIE groter as die T-Rex!!]
- Wanindrukke oor Dinosourusse – was hulle vreesaanjaende slymeringe Mens etende monsters??
- Het Mense dieselfde tyd bestaan as Dinosourusse?
- Hoe kry Dinosourusse hulle name?
- Wat is Fossiele?
- Eerste Dinosourus Fossiel ontdekkings
- Hoe word Fossiele gevorm?
- Datering van Fossiele
LAAAAANK gelede was daar pre-historiese reptiele wat geleef het gedurende die Mesoziac Era, die “Era van Reptiele”.
Ons ondersoek die klimaat, geologie en Dinosourusse van hierdie antieke tye:
- Die Mesoziac Era
- Die Triassic Periode
- Die Jurassic Periode
- Die Cretaceous Periode
Meer belangrik egter, wetende meer van Dinosourusse en hulle uiters belangrike bydrae tot hierdie wêreld laat ons toe om die volgende vrae te beantwoord:
- Hoekom moet ons meer weet van Dinosourusse in vandag se moderne wêreld?
- Hulle het laaaaank gelede geleef – Bestaan nie meer nie – so wat?
- Het hulle uitgesterf as gevolg van reuse katastrofes of skrikwekkende klimaat veranderings?
- Die invloed wat hulle uitsterwing gehad het, en het op die wêreld, met betrekking to Mens, Diere en die aarde se voortbestaan?
Ons ontdek wie en wat hulle vyande was en is dié dalk dieselfde vyande van Mense en Diere vandag en bedreig sodoende ook ons bestaan? Hoe verseker ons dat ons, hoe klein ookal ‘n verskil maak om te verhoed dat die geskiedenis homself herhaal en mense dalk ‘n “pre-historiese kreatuur” word………?
