Ons onmoet vir Olina die Olifant om ons te help om meer te verstaan oor die unike eienskappe van Soogdiere. Sy deel dan graag drukkies uit aan almal is voortdurend deel van die hele sessie, sy is huidiglik een van die gewildste Soogdiere wat saam met die EDUVET KIDS span reis!
Ek ontdek saam met die leerders hoe Soogdiere tande, ooglede, kloue, hoewe, stekels, penne en hulle velle gebruik om hulsef te verdedig. Ons leer ook hoe vernuftig Soogdiere hulsef kamoefleer soos die Ysbeer wie se pels wat aanpas by die kleur van die sneeu, bosvarkies wat gekleur is soos die gras om weg te kruip terwyl Mamma jag en dan later swart van kleur word en wie kan die Luiperd in die boom sien??
Word die groep die Groot Vyf genoem omdat hulle die vyf grooste Soogdiere is Suid-Afrika is – “Jaaaaa” sê meeste kinders…. Wat is die “klein Vyf”?? Die leerders voel en ruik verskillende velle van Soogdiere en bekyk van hulle naderby.
Ons bespreek die drie soorte Soogdiere en die feit dat daar inderdaad een Soogdier is wat eiers lê – huuh?
Ons ondersoek wie die vyande is van Soogdiere en die mees belangrikste, hoe bewaar ons hulle asook hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat onsl almal in die toekoms nie net die Groot Vyf te sien sal hê in ons Parke en die Wildernes!