ONS STREEF OM

KREATIVITEIT TE KULTIVEER

Interaktiewe sessies – 
Aangebied deur ‘n tweetalige aanbieder.



Hoekom

Die essensie van elke program is om die leerders te bemagtig in terme van die inleiding tot elke boodskap wat ons wil oorbring en bestaan uit inter alia – ‘n interaktiewe aanbieding, interessante feite; “het jy geweet” inligting, ‘n aangrypende en toespaslike  storie en liedjie wat die feite wat bespreek is tydens die aanbieding beklemtoon, insluitend ‘n voel, vat en proe as jy wil, sessie! Al ons programme is ouderdomsgerig en word aangebied deur ‘n volle tweetalige aanbieder. Elkeen sluit ook in ‘n praktiese sessie en ‘n kunswerkie wat die leerdersself maak en kan huistoe neem. 

My passie is om leerders en uself te laat met die boodskap van “kom ons let op na AL ons hulpbronne met nuwe oë, grootste respek en hou in gedagte dat hierdie generasie is die enigste wat kan verseker dat ons ‘n volhoubare planeet het waar ons vrylik kan asemhaal en eet en ons moet NOU BEGIN!!”

Ons begin met basiese inligting en komplimenteer die aanbieding volgens die graad van die leerders. Van Graad 000 tot Graad 3 vertel ons ‘n storie en sing ‘n vrolike liedjie.

Van Graad 4 tot Graad 7 meer inligting en ‘n praktiese sessie bv. Ontmoet ‘n kuikentjie en leer meer oor hoe hulle ontwikkel, Plant jou die saadjie, Dissekteer ‘n Vis, Raak aan ‘n long of slukderm…

WIE EN HOE

VERRYK JOU KIND SE VERBEELDING!

Close Menu