ons Program

Tandjie tot Tand

Dit is ons program met “byt”.  Dier en mens gebruik hulle Tande om te byt, te skeur, kou, maal en hulself te verdedig.  Net die mens gebruik ook hulle Tande om bv bottels oop te maak, elektriese drade te breek en natuurlik om mooi te lyk terwyl ons glimlag!   

Mense het ook tande nodig om behoorlik te praat ek klanke te vorm – dink hoe gaan “Liewe Lallie, ek is lekker lief vir jou” klink sonder tande, en tog versorg ons glad nie ons tande goed nie!! 

Ons maak kennis met Bennie wat aanhou soetgoed eet sonder om sy tande te borsel to eendag wat hy tandpyn kry wat hom sommer die hele nag wakker hou en skoon laat rondspring.  Ons leer dat die Tandarts ons grootste vriend is en hy leer ons oor mondhygiëne, dat ons na elke maaltyd moet flos en tande borsel.  ’n Leerder kry die kans om soos Dr Skoon Tande aan te trek en ons boodskap te beklemtoon want ons gesels ook hoe tandversorging van melktande tot draadjies en permanente tande nooit nagelaat moet word nie. 

Ons bevoel en bekyk hoe die tande van Omnivore, Herbivore en Karnivore lyk asook die funksies – selfs honde het hulle eie tandepaste! 

Is alle tande van emalje gemaak – wat van die Olifante en See Leeus? 

Ons ondersoek wie die vyande is van gesonde Tande en die mees belangrikste, hoe bewaar ons ons Tande terwyl ons jonk is om te verseker dat ons ’n mooi gesonde glimlag het tot ons oudag! 

TANDJIE TOT tand

ons gee om!

leer ons beter ken

Close Menu