Ons program
My wonderlike liggaam
HET JY GEWEET?
- Dat meeste vorms wat ons van leer is verteenwoordig in die Menslike Liggaam?
- Elke mens het ‘n Tennis Baan in sy of haar Liggaam? Die gemiddelde oppervlak van die mens se longe is amper dieselfde as die oppervalk van ‘n Tennis Baan
- Navorsing dui daarop dat Kinders geneig is meer te groei in Lente in vergelyking met die ander Seisoene
- Jy kan nie asemhaal terwyl jy eet nie. Dit gesê, pas-gebore babas is uitsonderlik want hulle kan gelyktydig asemhaal en eet
- Behalwe dat ons unieke vinger afdrukke het, het Mense ook unieke tong afdrukke
- Gemiddeld 80% van wat ons dink is smaak, is eintlik reuk
- Tande is die enigste gedeelte van jou Liggaam wat nie vanself kan genees nie
- Om jou tong uit te steek vir mense word as kinderagtig en ongeskik geag in baie Lande, maar in Tibet is dit hoe mense mekaar groet!!
- Ongeveer 200 spiere word gebruik om net een tree te gee!
- Die enigste deel van jou Liggaam wat geen bloed toevoer ontvang nie, is die kornea in jou oog. Dit neem suurstof direk van die lug
- Jy sal nie kos kan proe as jou speeksel nie met die kos meng nie
Ons Liggame is inderdaad WONDERLIK en ons begin hierdie ouderdoms gerigte aanbieding van hierdie noodsaaklike tema deur die verskillende Liggaamsdele te noem, wanneer en hoe ons dit aanwend en wat die impak op ons daaglikse lewe sal wees indien ons nie die gebruik van enige van ons Liggaamsdele het nie. Dit is nie net ons eksterne Liggaams dele wat ons nodig het nie, maar ook al ons interne organe soos ons hart, longe, ingewande en natuurlik die deel wat verhoed dat ons Liggame nie ineenstort nie – ons geraamte!
Ons herinner mekaar dat ons brein meer komplekse funksies kan uitvoer dan die mees kragtigste rekenaar op Aarde, geen robot in die wêreld kan beweeg soos ons automaties ons Liggame beweeg wanneer ons speel nie, en ons 5 (of 6?) sintuie help ons om verskillende dinge omtrent die wêreld om ons te ervaar sonder dat ons ons Liggame versoek om so te doen! Jou brein prosesseer omtrent 70,000 gedagtes per dag!!
Wanneer ons siek voel, begin ons Liggaam om ditself te genees sonder dat ons ons Liggame vra om dit te doen!
Ons brei uit hierop deur te ontdek hoe die kleinste deel van ons Liggame saamwerk om te verseker dat ons ‘n gesonde Liggaam het en kan speel, slaap en TV kyk. Baie funksies in ons Liggame gebeur sonder dat ons eers bewus is daarvan, MAAR indien die kleinste iets verkeerd gaan, kan dit ons ernstig siek maak. Daarom, soveel as wat ons ons Liggame benodig, het DIT ons nodig om die regte besluite te neem om ons gesond te hou.
Op ‘n prettige manier identifiseer ons wat die regte besluite is wat ons moet neem om te verseker dat ons Liggame gesond bly soos om baie vrugte en groente te eet, om genoeg water te drink, te oefen deur te speel om ons spiere sterk te hou en selfs om skoon te bly om ons Liggaam vry te hou van kieme. EN natuurlik wat ons NIE moet doen aan ons Liggame nie soos om te veel lekkergoed te eet, TV te kyk in ‘n donker vertrek en om te laat te gaan slaap sodat ons nie genoeg rus kry nie.
Tydens ons dinamiese en spontane My WONDERLIKE Liggaam Aanbieding poog ons om te beklemtoon wat die menige aspekte is van ons Liggaam, intern en ekstern wat dit SO SO WONDERLIK maak en dat ons net 1 liggaam het, dit moet ‘n laaaaang tyd hou, en deur om te sien na ons hele liggaam ELKE DAG sal ons ‘n gesonde, pretvolle lewe hê!!
En die heel belangrikste – dit is HARDE werk om te frons – 34 spiere werk om te frons en NET 17 om te glimlag, SO GLIMLAG MEER!!
