Ons program
Planete, Sterre en die Heelal
Wat is ‘n Planeet?
Wat is ‘n Stêr?
Wat is die Heelal?
Ons begin hierdie opwindende aanbieding deur te verstaan wat ‘n Planeet, ‘n Stêr en die Heelal is. En natuurlik wat is die belangrikste planeet vir mense. Ons was geneig om te dink dat die Aarde, Son en Maan net gewoon en algemeen in die Heelal is. Vandag weet ons dat hulle uniek is op baie maniere. Terloops, daar is meer as 20 faktore wat in orde moet wees vir ‘n planeet om lewe te onderhou. Die moontlikheid dat selfs een planeet in die Heelal hieraan voldoen, is bereken om omtrent zero te wees. MAAR HIER IS ONS!!
Ons ontdek hoe ander Planete en Sonkrag Liggame die Aarde en lewe soos ons dit ken affekteer, byvoorbeeld Jupiter beskerm die Aarde teen astroïdes, meeste Planete het ‘n inlvoed op die seisoene op Aarde, solank hulle op hulle vasgestelde roetes bly in die Sonne Stelsel…. Ons bespreek die Sonkrag Liggame wat ons elke dag kan sien en as vanselfsprekend aanvaar, hoe belangrik hulle is vir elke persoon, plant en die Oseane i.e. die Son en Maan. Danksy die Son is die Aarde nie een groot ysblok nie en ons het kos om te eet. Maar sal die Son eendag uitbrand? “Wie” of “wat” is verantwoordelik vir die golwe in ons Oseane… Is hierdie sonkrag liggaam ‘n Planeet…
Ook, wat is die Melkweg(weë) en Stêrre Stelsel(s)? EN hoe pas alles in mekaar? Die sterre wat so helder skyn in die nag kan ons lei en ons help om rigting te bepaal. Ons ontdek hoekom hulle so helder skyn, hoe Stêrre gevorm word, bestaan hulle vir ewig asook, is daar meer as een Melkweg? Dit lei tot die volgende interresante vrae – bestaan die Stêrre Stelsel en die Heelal net uit sterre? Is die Sterrestelsel en die Sonnestelsel dieselfde ding? Weet enige iemand hoeveel Planete daar in die Heelal is? OE, en wat “op aarde” is ‘n lig jaar?
Danksy Galileo Galilei kan mense die uitspansel bestudeer. Gedagtig daaraan, het hy die Teleskoop ontdek? Hy is geag die “vader van wetenskap” deur Einstein en ander. Hy het heliocentrisme voorgestel en was gevonnis tot huis arres vir die res van sy lewe en skuldig bevind dat hy “heftig verdink word van hoorsê”. Wat as wetenskaplikes nooit sy studies aanvaar het nie? Wat is SAGT of SALT?
Hoekom is daar so baie sateliete wat om die Aarde wentel en wat word van “Ruimte Rommel”?
Kan ek die IRS besoek en wat is die doel daarvan?
Tydens ons dinamiese en spontane Planete, Stêrre en die Heelal aanbieding antwoord ons hierdie en baie ander vrae. Ons deel ‘n verskeidenheid van heerlike interessante feite op ‘n ouderdoms verwante vlak rakende Planete, Stêrre en die Heelal en presies hoe wonderlik en natuurlik dit mekaar komplimenteer op ‘n baie spesifieke manier en deur nie net bloot saam te bestaan nie.
Kinders sal mees belangrik ontdek hoeveel ONS ALMAL Planete, Stêrre en die Heelal benodig in die uitspansel, alhoewel ons meeste hiervan nie eens kan sien nie Ons beklemtoon dit deur te ontdek hoe die Aarde inpas in ons Sonnestelsel, Stêrrestelsel en Heelal en het groot pret met baie pret feite rondom Planete bv, watter is die mees belangrikste, is Jupiter die grootste Planeet, watter Planeet se temperatuur wissel van oor 400 Grade Celsius tot –180 Grade Celsius in EEN DAG en kan ons sommer na ‘n ander Planeet, Sonnestelsel of selfs Stêrrestelsel trek as die Aarde onleefbaar raak?
