ONS program
4 fANTASTIESE SeasoENE
LENTE SOMER HERFS WINTER
Watter seisoen is jou gunsteling en waarom?
Watter Seisoen is eintlik “eerste” – miskien Somer want ons kalender jaar begin wanneer dit Somer is? Wat van die Noordelike Halfrond? Maak dit saak, vir die Aarde, OF vir ons?? Waarom het die Noordelike en Suidelike Halfrond teenoorgestelde seisoene?
Ons sê dikwels – “Oooee, ek hou niks van die Winter nie, en wens dit wil net verdwyn – SO WAT AS….
Ons begin hierdie ouderdoms gerigte aanbieding van hierdie noodsaaklike onderwerp deur te verstaan wat is ‘n Seisoen, identifisering van elkeen en waarom daar 4 Seisoene is in ‘n jaar.
Kinders sal mees belangrik verken hoe baie ONS ALMAL elke seisoen nodig het en onder andere:
- Wanneer begin en eindig elke Seisoen in Suid-Afrika
- Hoekom verander alles om ons met elke Seisoen?
- Sekere bome verloor hulle blare vir baie belangrike redes en ons vee dit voortdurend weg en die vernietiging van die blare mag ‘n ernstige invloed hê op die oorlewing van baie spesies
- Die oorvloed en asemrowende prag van elke Seisoen
- Wat is ‘n “Skouer Seisoen”?
- Hoe beinvloed mense ons seisoene bv. globale verwarming? Alhoewel ons almal ‘n gewaarwording het van Globale Verwarming wat ons Seisoene beinvloed op Aarde, verseker ons dat ons Kinders bewus is van hoe hulle ‘n positiewe invloed kan hê om die effek van Globale Verwarming te verlig of selfs uit die weg te ruim, sodoende red hulle baie, baie spesies, insluitend Mense?
Ons brei uit hierop deur te ontdek hoe ‘n Seisoen die jaar “verdeel”, gemerk deur veranderinge in die weer, ekologie en ure daglig. Seisoene is die resultaat van die jaarlikse wentel van die Aarde om die Son en die tilt van die Aarde se kantel van die se rotasie-as relatief tot die vlak van die baan.
Dit is omdat gedurende Somer of Winter, een deel van die planet meer direk blootgestel is aan die strale van die Son. Is Somer dan so warm want Suid-Afrika is dan nader aan die Son?
Op ‘n prettige manier poog ons om soveel as moontlik vrugte en groente te noem wat ons kan geniet tydens elke Seisoen en watter geregte word “tradisioneel” ge-eët gerdurende elke Seisoen bv. Sop in die Winter en BAIE roomys gedurende die Somer.
Elke Seisoen bepaal selfs wat ons dra asook ons sosiale lewe omdat ons sekerlik dit mis om te swem gedurende die Winter en steek nie die kaggel aan gedurende Desember nie!!
Seisoene is so belangrik dat Mense selfs aan sekere sport deelneem wat ge-assosieer word met Seisoene bv. Krieket gedurende die Somer en Sokker in die Winter. Dit is duidelik dat Seisoene nie net ‘n invloed het op die Plante en Diere nie maar ook Menslike gedrag – SO – Wat sal gebeur sou ons net ‘n enkele Seisoen hê op Aarde? Watter kos sal ons sonder moet klaarkom en watter impak sal dit hê en die oorlewing van Mense? Hoe sal die Aarde lyk met net ‘n enkele Seisoen soos bv. Somer? – Papua New Guinea wat 365 van die jaar Somer het!
Tydens ons dinamiese en spontane 4 FANTASTIESE SEISOENE Aanbieding poog ons om die mees inklusiewe verskeidenheid van pret feite rakende die belangrikheid van elk en ieder aspek van elke Seisoen te deel en waarom elke dier, plant, elke druppel reën of sneeu vlokkie ons help om te oorleef en dat AL 4 FANTASTIESE SEISOENE REUSE PRET IS EN IETS IS OM NA UIT TE SIEN!!
