ons Program
My Land
MY Land Suid-Afrika
“Hierdie is my Land, hierdie Land is jou Land….”
Leef ons nog TROTS SUID-AFRIKAANS??
Deel ons en kinders gretig met ander presies hoe wonderlik en spesifiek uitsonderlik Suid-Afrika is? Meerso – kommunikeer ons bewustelik met Kinders, by die huis en by die skool rakende alle aspekte van Suid-Afrikaner wees en waarom ons UITERMATIG trots moet wees om deel te wees van wat ander lande verwys na as die “Reus van Afrika!!”
Ons begin hierdie ouderdoms gerigte aanbieding van hierdie noodsaaklike onderwerp deur te verstaan wat is die veelvuldige aspekte waarmee kinders kan identifiseer en herken as eksklusief Suid-Afrikaans.
Om dit te bewerkstellig, doen ons spesiale moeite om, onder andere, die volgende te verken:
- HIERDIE is waar alle menslikheid begin het toe Mev Ples ontdek is in die Wieg van die Mensdom
- In watter Dorp of Stad woon ek?
- Noem ons Provinsies en in watter een woon ek?
- Wat is elke Provinsie bekend voor? – bv Goud in Gauteng en Mielies van die Vrystaat
- Die Suid-Afrikaanse Vlag en wat elke kleur simboliseer
- Ons Stem
- Die Nasionale Fauna en Flora
- Ons verskillende Hoofstede
- Landbou
- Suid-Afrikaanse Geld en hoe visueel gestremde mense note en munte kan identifiseer. Watter diere kom voor op die note en munte EN watter wêreld beroemde en mees geliefde Suid-Afrikaner se gesig is op ons Note?
- Nasionale Sport wat ons speel
- Selfs ons weer maak Suid-Afrika ‘n fantastiese plek om te bly en ‘n rede waarom Toeriste stroom na ons land.
Ons brei uit hierop deur die mees belangrike deel van wat ons trots maak om Suid-Afrikaans te wees te bespreek – ONS PRAGTIGE MENSE!!
- Ons is inderdaad die Reënboog Nasie wat leef in een van die mees kosmopolitaanse lande in die wêreld – Wie is ons?
- Ons het 11 amptelike tale en watter is hulle? Watter taal word die meeste gepraat?
- Woon slegs mens wat in Suid-Afrika gebore is hier?
- Wat is Suid-Afrikaners voor lief om te eet en drink?
- Watter verskillende kulture het ons?
- Hoe trek verskillende kulture aan?
- Hoekom wil mense van ander Lande eerder graag in Suid-Afrika woon?
- Ons is onteenseglik die vriendelikste mense!!
- OOOEE en moet nie ons FANTASTIESE sin vir humor vergeet nie, wat net Suid-Afrikaners verstaan, ongeag van waar hulle reis – Eish….
Tydens ons dinamiese en spontane MY Land Suid-Afrika aanbieding poog ons om die mees inklusiewe verskeidenhied van redes aan te spreek wat ons het om gretig aan alle mense te vertel, Suid-Afrikaans of nie, waarom EK IN GEEN ANDER LAND AS MY LAND SUID-AFRIKA WIL WOON NIE!!
Ons uiteindelike doel is om dit ter harte te bring vir Kinders van alle ouderdomme dat as HULLE Trots Suid-Afrikaans leef van ‘n jong ouderdom, dit ‘n reuse positiewe invloed sal hê op hoe hulle hulself handhaaf as volwassenes en om selfs ‘n positiewe bydrae te maak tot alle fasette van hierdie Land en veral ons ekonomie.
IS ONS WAARDIGE AMBASSADEURS(DRIESES?)
