Sedert die vroegste tye was die mens betower deur die ywerige heuningby en die stroop-soet produk van hulle harde arbeid, die goue heuning! Een van die mees sosiale insekte wat al meer as 30 miljoen jaar ons bederf met hulle wonderlike produk.
Tussen die drie soorte bye wat in ’n korf of nes woon, moet die Werkers By die heel hardste werk, en dit is geen verrassing dat hierdie by vroulik is nie…. Kan jy glo dat hierdie heunigby in haar kort lewe van 40 dae net sowat 20 dae het om die kosbare heuning te vervaardig? Sy vervaardig sowat ‘n 12de van ’n teelepel heuning en moet nog vele ander takies verrig soos bv byewas maak, water aandra, ondernemer speel, voer van larwes en veel meer!
Leer meer oor ander interressante feite oor ons Besige Bye soos bv:
- Heuning kan glad nie bederf nie, sowaar!
- ’n By sterf nie noodwendig na haar eertse bysteek nie
- Bye kan tot 8km/h vlieg
- Selfs diabete kan heuning gebruik
- Mense gebruik die byewas, heuning en stuifmeel
- Byegom??
- Bywas maak jou skoene waterdig
- Die Koningin by lê tot 2000 eiers per dag
- Heuning gee jou meer energie
- Heuning word gebruik in Godsdienstige vierings
- En vir dit Tieners – heuning laat jou puisies soos mis verdwyn
En die belangrikste van alles – sonder bye, wat 80% van bestuiwing behartig, het ons mense nie kos nie!
Ons ondersoek wie die vyande van die By is en die mees belangrikste, hoe bewaar ons hulle asook hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat Bye deel bly van ons wonderlike aarde!