ONS PROGRAM

INSEKTE

Is Insekte niks meer as ‘n lastige vlieg, muskiet en spinnekop waarvoor ons bang is? 

Insekte is van die mees diverse groep diere op die planeet, waarvan daar meer as ’n miljoen spesies is en verteenwoordig MEER as helfte van alle lewende organismes op aarde! Gefossileerde Insekte is al gevind waarvan die Naaldekoker se vlerkspan 70cm is!! 

Die waarde van Insekte vir die mens word bespreek soos byvoorbeeld: 

  • Smaaklike heuning van die Heuningby wat al 30 miljoen jaar heuning vervaardig 
  • Dat Bye verantwoordelik is vir 80% van bestuiwing, dit wil sê, geen bye, geen kos!! 
  • Die nederige Sywurm produseer sowat 30 000 Ton rou sy net in China per jaar 
  • Die Lac van die Lac Scale Insek – sonder dit het ons nie skoen politoer nie, vloer politoer en drukkers ink nie 
  • Baie spesies van skaal insekte voorsien kleursel wat gebruik word in kosmetiese ware, soos lipstiffie, koek kleursels, medisyne en drankies 
  • Estetiese waarde vir die mens – die pragtige vlinders en Liewenheersbesies 
  • Sommige Insekte se lywe word gebruik om horlosies in te bou 

In sekere lande word omtrent alle insekte geët deur die mens en dien as ’n groot bron van inkomtse – bv kakkerlakke, sprinkane, skerpioene, spinnekoppe, wurms en ongelukkig katte en honde. 

Hoe kamofleer Insekte hulself – kan dit wees dat die Langhoring Kewer homself kamofleer om net soos sy grootste vyand die Perdeby te lyk?? 

Eenvoudige Insekte soos kewers en die Wit Kewer is al aanbid deur die eeue.  Insekte speel ’n kardinale rol in die mens, dier en aarde se oorlewing, miskien moet ons meer oplettend wees en hulle waardeer! 

Ons ondersoek wie die vyande van die Insekte, en is hulle meer van ’n aanwins as ’n pes en die mees belangrikste, hoe bewaar ons hulle asook hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat Insekte deel bly van ons wonderlike aarde! 

Verryk jou kind se toekoms!

Close Menu