ons program

Voëls en Vere

AVES

Dit word beweer dat die eerste dier met vere reeds 150 miljoen jaar op aarde bestaan het!!  Sommiges kan glad nie vlieg nie en ander kan tot 500km vlieg oor drie dae!!  

Oor die eeue heen is die Voël en sy Vere van groot waarde vir die mens: 

  • Met een volstruis se eier voer ek sommer 24 mense 
  • Sy vere laat vroue glinster op die loopplank 
  • Ganse en Eende offer hulle vere vir kussings, duvets, hengel aas ens 
  • Kom vind uit hoe word meer as 90% van die nederige Hoender deur die mens aangewend 
  • ’n Vere masker laat my wegkruip by die Bal 

Kom leer meer oor ander interressante feite oor ons Voël en sy Vere soos bv: 

  • Hoekom word ’n Voël so genoem? 
  • Wat het ’n Voël en die mens in gemeen? 
  • Waar woon Voëls en waarom lyk neste so verskillend? 
  • Voëls hou van grondboontjiebotter?? 
  • Ons konsentreer op die Hoender en die feit dat dit die mees ge-eëte dier is op aarde 
  • Hier besoek ons die verskillende Hoender idustrieë Hoenders, veral vir die groter kinders en ons praat ons oor bv of Organies noodwendig beteken die Hoender het ’n goeie lewe EN beteken Hormoonvry Organies??   
  • Waarom is Hane ’n syproduk van die Hoenderindustrie 
  • Dankie tog vir die Aasvoël!! 

Ons ondersoek wie die vyande van die Voël is en die mees belangrikste, hoe bewaar ons hulle asook hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat Voëls deel bly van ons wonderlike aarde! 

Of dit nou die majestieuse Volstruis, kleurvolle Pou, die minder aantrelike Maribu of die nederige Hoender is, ons is gretig om ons kennis met jou te deel!! 

birds of a feather

Close Menu