ons program
Vervoer
Wat is Vervoer?
Vervoer is die veskuiwing van mense, diere, plante en goedere van een plek na ‘n ander. Vervoer is DIE sleutel noodsaaklikheid tot spesialisasie – wat produksie en verbruik van produkte toelaat op verskillende plekke en gelyktydig. Maar is dit so eenvoudig?
Waar het dit alles begin? – Die Mens se eerste manier van Vervoer was stap en swem….
Vervoermiddels:
Watter tipes Vervoermiddels is beskikbaar? Ons het onder andere:
- Pad Vervoer
- Spoor Vervoer
- Water Vervoer
- Pyplyn Vervoer
- Kabel Vervoer
- Lug Vervoer
- Ruimte Vervoer
- Suborbitale Ruimtevlug – so wat is volgende?
En die meeste Vervoermiddels is nog steeds tot ‘n groot mate Dier-Aangedrewe – Regtig? – en dit in die 21ste Eeu?
Is Lug Vervoer nog steeds die vinnigste manier van Vervoer met Kommersiële Vliegtuie wat ‘n top spoed bereik van vêr oor die 1000km/h – Wat sou van ons geword het indien byvoorbeeld die eertse beheerbare Vliegtuig nooit in 1903 uitegvind is nie?
Watter Stad se Metro is die Wêreld se grootste snel vervoerstelsel in terme van lengte of roete en hoeveelheid statsies?
Kan ons oorleef of kommunikeer sonder Vervoer?
Hoekom is Vervoer so noodsaaklik vir die ontwikkeling en bestaan van beskawings? – Vervoer is belangrik want dit stel handel in staat tussen mense, wat weer noodsaaklik is vir die ontwikkeling van beskawings MAAR die meeste tipes veroorsaak die hardste geraas, die ergste lug besoedeling, is ‘n direkte gevolg van globale verwarming ASOOK gebruik groot stukke grond wat ‘n enorme hoeveelheid habitatte vernietig – so wat staan ons te doen, vernietig al hierdie??
Tydens ons dinamiese en spontane Vervoer Aanbieding antwoord ons hierdie en baie ander vrae. Ons deel ‘n verskeidenheid van heerlike interessante feite op ‘n ouderdoms verwante vlak rakende all die verskillende Vervoermiddels, hoe ons hierdie kan gebruik, wat sal gebeur as ons sonder enige van die beskikbare Vervoermiddels moet klaarkom, en vele meer….
Kinders sal mees belangrik ontdek hoe hulle ten alle tye pad veiligheid moet toepas selfs al is ons ouers of ander volwassenes nie by ons nie en om veilig te wees in ander Vervoermiddels wat ons dalk nie elke dag van gebruik maak nie. Ons stel vas hoe veel verskillende “maniere” van Vervoer ons kan gebruik sonder om wiele te gebruik of enige impak op die omgewing te hê, EN natuurlik het ons groot pret met al die pret feite omtrent Vervoer bv, hou ons op met beweeg sodra die Boot stop??; Wat is ‘n velocipedes en is ‘n “Drone” ‘n Hommel By??…
