My Troeteldier word dikwels ons metgesel, beste vriend, kollega, beskermer en soms lewensredder genoem.
Almal wil graag ’n troeteldier hê, MAAR weet ons werklik genoeg omtrent hulle spesifieke en spesiale eienskappe en HULLE behoeftes en bowenal hoe om die beste na hulle om te sien, en nie net te kies omdat die ‘hondjie so oulik lyk’….
Hoekom het Hamsters sulke vet wange?
Hoeveel kos moet ek my Goudvis gee?
Wat is die gesondste dieet vir my Hondjie of Katjie? – Om ’n goeie troeteldier eienaar te wees, moet jy die regte troeteldier kies wat by jou en jou gesin pas. Troeteldiere moet deel word van jou hele familie, van hulle kan tot 30 jaar leef!
Ons ontdek ook ’n aantal Plaasdiere, verstaan hulle geluide, wat noem ons hulle “babas” en kan enige van hulle Troeteldiere wees??
Hier is sommige van die vrae wat ons aanspreek in ons sessie:
- Watter soor toerusting het ek nodig?
- Kan ons al die aandag, liefde, sorg, oefening, opleiding en ruimte gee wat die diertjie sal nodig hê?
- Wat word van my troeteldier waanneer ons weggaan?
- Hoekom moet ek liewers nie ’n eksotiese troteldier aanhou nie?
- Wil ek die diertjie hê net vir gesleskap?
- Kan ek alle aspekte van die troeteldier se behoeftes aanspreek, Finansieël en Emosioneel
Ons ondersoek waarom daar so baie diere welsynsorganisasies is en die mees belangrikste, hoe kies ons troeteldiere met die korrekte oordeel asook hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat hulle deeglik begryp hoe jy JOU lewe moet aanpas om jou troeteldier gelukkig te hou en dat dit is meer as net warm asempie.