ons program

Vis Vriende

Twee Derdes van die aarde bestaan uit water – dit beteken meer as 70% van alle dierelewe is onderwater!!!!!  ’n Baie groot verskeidenheid plante en diere oorleef in hierdie onderwater-wêreld; van mikroskopiese klein alge, of plankton, tot die REUSE Walvis wat 150 ton weeg. 

Ons leer van die anatomie van ’n Vis, hoe hulle beweeg, hulle eetgewoontes en habitat: 

  • Nie alle vis oorleef in dieslfde tipe waters, bv selfs in die see is daar verskillende vlakke van suurstof en soutgehalte in die water wat beteken sekere vis kom net in spesifieke dele voor 

Ons vriend Pieter wat gaan kuier by sy Oupa by die see leer ons meer waarom ons nie by damme, riviere of op die strand moet mors met lekkergoed papiere, koeldran bottels en so aan, want sy luiheid het ’n ernstige invloed op die water en Oseaan. 

Die oseane beïnvloed die klimaat en gee, saam met die damme en riviere vir almal van ons lewensnoodsaaklike water en kos. Elke jaar word sowat 70 miljoen ton vis net in die See gevang, meer as al die vleis en eiers wat op aarde geproduseer word. 

Ons ondersoek wie die vyande is van die Visse is en die mees belangrikste, hoe bewaar ons hulle en hoe kan elke kind ’n verskil maak om te verseker dat Vis deel bly van ons wonderlike aarde!  

Close Menu